Joerie, joerie, botter en brood,
as ek jou kry, slaat ek jou dood

Wednesday, March 16, 2011

HIERSEKWEER

Dis seker maar omdat ek en Ingrid ons opleiding in die regswetenskap gehad het dat ons gisteraand weer na aflewerings van twee advokaatreekse gekyk het, onderskeidelik Keyzer & De Boer op Nederland 1 wat hier gesien kan word en Silk op BBC 1 waarvan daar ongelukkig nie 'n opname vryelik op die www beskikbaar is nie, maar waarvan 'n resensie hier gelees kan word.


Die enkele oorheersende gewaarwording wat ons in beide aflewerings getref het, was daardie kenmerkendste eienskap van die blanke ras - wat ons eie waarnemings oor die afgelope twintig jaar hier in die hartjie van Europa oor-en-oor bevestig - te wete sy HUIGELAGTIGHEID


Sy allesoorheersende en afgryslike HUIGELAGTIGHEID

No comments:

Post a Comment