Joerie, joerie, botter en brood,
as ek jou kry, slaat ek jou dood

Tuesday, April 12, 2011

DANKIE FLIP EN MARTHIE

Holistiese wêreldbeskouing en spirituele groei

Ons het gedurende die laaste klompie weke gepraat oor spirituele groei. En ons het amper elke week ‘n ander faktor geïdentifiseer wat ons spirituele groei beïnvloed. Vandag se tema wat ek op die tafel wil sit, is die aanname dat ‘n mens se idee oor jou lotsbestemming, jou spirituele groei dalk die meeste en ten diepste beïnvloed. Maar ook meer as net beïnvloed – dalk ook totaal en al rig!

As jy bv glo dat daar sewe of veertien of hoeveel ookal maagde vir jou in die hemel wag, en jy het meer testosteroon as verstand, sal jy jou lewe offer om ‘n selfmoordbomdraer te wees en ‘n plek te loop opblaas. Jou God verwag dit van jou en jou God gaan jou buitendien ryklik beloon. Al wat jy moet doen om die beloning te ontvang, is om te sterf.*

Iemand anders glo weer dat hy of sy op die oomblik besig is met sy 3e of 5 e lewe en dat hy met ‘n suiweringsproses besig is. As jy nie vir nog ‘n rondte wil terugkom nie, moet jy alles nou uitsorteer en heilig leef sodat jy Nirvana kan binnegaan na jou dood. Anders sal jy maar weer ‘n draai hier moet kom maak.

Dan is daar ander wat glo in ‘n post mortem beloning of straf-stelsel. Hierdie lewe is eintlik van nul en gener waarde want dis ‘n lewe waar koring en onkruid saam op die land groei. Jy moet maar net sterk wees, vasbyt, en deur hierdie aardes tranedal stoei want die beloning wag aan die anderkant. Bely jou sonde, hou aan die kruis vas en die hemelpoorte maak vir jou oop. Harpmusiek lei jou na binne. En dan stap jy op goue strate tot by die feesmaal waar jy gaan aansit by die bruilofstafel van die lam.

*Vir húlle het ons dalk al 'n antwoord:




No comments:

Post a Comment