Joerie, joerie, botter en brood,
as ek jou kry, slaat ek jou dood

Friday, June 3, 2011

INTUSSEN OP SêNet

Afrikaner-rewolusie in Westerse wetenskap! – vir
Kleinboer


Ran Doodt 

Beste Kleinboer

Jou belangstelling in Smuts se holisme verwys.

Gedurende die 18de en 19de eeu, was Engelse evolusie die leidende idee in die Weste.

Gedurende die 21ste eeu is dit Afrikaner Jan Smuts se holisme.

Wikipedia se “Holism” is nie so lank nie – korter as Kontrei, en jy sal dit maklik kan lees. Alles wat jy wil weet is daar vir jou klaar.

Wikipedia “Holism in Science” is nog nuut, maar ’n baie belangrike inskrywing!

Hugh Everett het holisme na die kwantumwêreld gebring, deur die waarnemer BUITE Einstein se geslote-sisteem heelal te plaas, daar waar Einstein geglo het niks is nie.

Emergence is ’n fundamentele uitvloeisel van holisme, en ook vandag die belangrikste nuwe konsep in Westerse wetenskap.

Weet een ding verseker: ’n Afrikaner van Afrika, wat hier baie-baie nagte buite in die veld geslaap het, was die eerste man ter wêreld wat holisme in Westerse wetenskap ingebring het as ’n basiese beginsel.

Darwin was slim, Smuts nog slimmer.

Die Engelse was geniaal, Afrikaners nog meer.

Groete

Ran Doodt
2011-06-02

No comments:

Post a Comment