Joerie, joerie, botter en brood,
as ek jou kry, slaat ek jou dood

Monday, August 1, 2011

Корнелий, DANKIE DAT JY MY WEER HIERAAN HERINNER HET...

Jy bring weer die mooi mooi tyding, 
Marietjie 


Petrus Potgieter 


Dag, Marietjie


Ek was so 'n tyd gelede besig met 'n eenmanveldtog teen die Joodse slagting in Gaza toe een van my korrespondente vir my skryf:


"Petrus


Ek wonder nou vir 'n dag of twee of ek jou moet help om die volk te red. Maar ons moet 'n paar dinge opklaar.


1. Praat ons nou hier van "ons" volk? Ek gaan nie help om 'n ander volk te red nie. Jy moet net sê ja of nee, en ons moet dit veral vermy om te probeer definieer wie ons volk is. Jy weet die probleme wat dan ontstaan. Dis makliker om te weet wie ons volk is, as om te sê wie ons volk is.


2. Hoekom sal ons die volk wil red? Om watter rede sou ons wou? Ons moet darem 'n rede hê. Ons kan nie die volk red net omdat hulle daar is nie.


3. Baie belangrik: bedoel jy ons moet die HELE volk red? Want daar sal ek nie kan saamstem nie. Daar is definitief 'n paar mense onder die volk wat ek nie wil red nie. Ons moet vroeg al duidelikheid hieroor kry. Ons kan seker nie 'n lys maak van wie ons almal wil red nie, maar wat van 'n lys van wie ons NIE wil red nie? Ons noem die lys die Eliminasielys. Maw kandidate wat geëlimineer word van die lys van wie ons wel wil red. Wie sal ons almal op hierdie Eliminasielys sit?"


Jou skrywe het my nou gemotiveer om die saak só te bekyk: soos die Gileadiete hulle sjibbolet gehad het en die Bruggelinge hulle s'n met die Brugse Metten in 1302, kan óns sê dat enigeen wat nie 'n oer-emosionele ervaring het met die luister of sing van Hallelujaliedere nie, is nie 'n Afrikaner nie.



Nou sien ek die mense van SêNet is nes Antjie Somers se "ou bles ballies" wat net hou van volksvreemde lawaai en eiegoed minag.


Ek verorden gevolglik dat Hallelujaliedere nr 1 is, dat Koos du Plessis se oeuvre nr 1 is, dat "Hoor my Lied" van Lindie Roux nr 1 is en dat "My Goeie Kameraad" nr 1 is, waarna julle hier kan gaan luister terwyl julle die Afrikaanse woorde saamsing:


Ons was geswore makkers
ons het oral saam gestry
die Vaderland was in beleg
en sy-aan-sy het ons geveg
om hom weer te bevry
om hom weer te bevry

Hy het langs my gesneuwel
want 'n koeël het hom deurboor
die swaarste laste moes hy dra
die hoogste offer is gevra
my vriend het ek verloor
my vriend het ek verloor

Met eer gee hy sy lewe
as 'n laaste offerdaad
daar was geen tyd vir afskeidsgroet
maar eenmaal sal ons weer ontmoet
nou rus my kameraad
my goeie kameraad ...



DIE LEWE IS ÓF WERD OM VOOR TE STERF
ÓF DIS NIE DIE MOEITE WERD NIE



Petrus Potgieter

No comments:

Post a Comment