Joerie, joerie, botter en brood,
as ek jou kry, slaat ek jou dood

Monday, April 9, 2012

MAANSKADE

Toe ek en Ingrid op my verjaarsoggend in die kombuis aansit vir ons gebruiklike hearty breakfast, maar dié keer nog net meer brassend van aard, merk ons op dat die hangklokteendiemuur bó die koolstoof in die nag aan die slaap gaan staan en raak het en toe ek hom wil wek(ker), kom ek agter sy probleem setel dieper as ’n afgelope veer, want die pendulum slinger sleg wanneer ek hom aan die gang probeer kry.

Ek sê vir Ingrid :”Dertig-veertig jaar diens van ’n gegewe perd sal nie maak dat ek hom in die bek kyk of dat ék nou al lepel innie dak gaan steek nie, want die staanhorlosie in die sitkamer tik die kalender nog lustig af,” en ek laat waai met http://www.youtube.com/watch?v=yrSb8_CHTIw&feature=related, wat my weer veertien, vyftien jaar oud maak in die sangklas by Pearson en inspireer om die ou-ou sangboekie op te diep vir ’n volledige serenade en daar is My Grandfather’s Clock jou wrintiewaar nié in die boekie nie!

Dié wat ek kon, het ek die één na die ander gesing, van http://www.youtube.com/watch?v=w2U_skJVQD0,
  






en nog ’n hele klomp wat ek natuurlik nie op You Tube kan kry nie.

Gisteroggend was dit 04h00 óp, want ons oudste moes na die Brussels Southlughawe by Charleroi en ek voel my volle vyf-en-tagtig… Op die snelweg verby die Drogenbosse kragsentrale, loer ’n ietwat skugter en selfbewuste man-innie-(vol)maan agter die wasem-en-wolke uit en herinner my aan my 1978/79 vertoef by 35 Bataljon (vroeër 1 Owambo Bataljon en later 101 Bataljon) se operasionele basis te Mahenene, waar ek verstaan Alex ook was. 

Aangesien ek destyds waarnemende kompanie sammajoor was, kon ek self besluit wanneer ek saam op patrollie gaan en só is ek by geleentheid saam met 2lt Schalk du Plessis.
2lt  Schalk du Plessis

en kpl Marc van der Merwe en hulle peloton op so ’n weeklange patrollie.

Om voor-die-hand-liggende redes slaap ’n mens nie lekker in so ’n tydelike basis in die bos nie, met die gevolg dat jy aan die einde van ’n patrollie voel soos ek gisteroggend gevoel het. Op die voorlaaste dag van dié patrollie kom ons so met laastelig die peloton teë wat die gebied wat aan ons s’n gegrens het, gepatrolleer het en die bevelvoerders besluit daar-en-dan dat ons ’n gesamentlike tydelike basis sal stig.

Ek betrag die wêreld so en besluit in die lig van die volmaan om my onder ’n groot boom tuis te maak en ’n hond uit ’n bos te slaap, want vannag voel almal veilig aangesien jy groot oorlog kan maak met sestig man.

Die volgende oggend vra kpl Jannie de Bruin  my: “Sarge, hoe’t jy geslaap?” en ek antwoord hom: “Sleg man, ek’t so f^kken koud gekry!” De Bruin reageer soos blits: “Jy wou mos in die koelte gaan slaap, Sarge!”

Van dié dag af is die verhouding tussen my en die volmaan nié wat dit voorheen was nie, alternatiewelik is die ou maangesig maar so effens verleë en ietwat selfbewus omdat hy weet dat ál sy glorie maar net gereflekteerde skyn is en onse ondermaanse die enigste planeet van miljarde-der-miljarde in die uni/multi-versum is wat sy eie lig opwek, soos ’n ster.

No comments:

Post a Comment