Joerie, joerie, botter en brood,
as ek jou kry, slaat ek jou dood

Sunday, May 13, 2012

Jy wéét mos, man


jy wéét mos, man
mans dink, vrouens voel
en inderdaad
in die gewoel
kom hul saam
in die liefdesdaad
maar dink verskil
– dis nie altemit –
shall the twain ever meet in full?
hap-hap sommerso na die haas
soos lucida intervalla
dís pas Valhalla


daar’s ’n ewige stryd
tussen rede en jolyt
aanvaarding en delirium
demokrasie of imperium
glas leeg, glas vol
kop leeg, kop vol
kyk jy my vlak
en, tot jou spyt (?)
kalendertjie tik,
tik naderhand verby


die lewe is ’n stryd
moet dit nie vermy
vertel
man en vrou verskil
dit is so gewil
geen(een) lappop
om sommerso te koop


vir m, c en π


tinkeljander - moedersdag, 13 Mei 2012

No comments:

Post a Comment