Joerie, joerie, botter en brood,
as ek jou kry, slaat ek jou dood

Wednesday, June 6, 2012

ORANIA-OPVOLG

---------- Forwarded message ----------
From: Jelleke
Date: 2012/6/6
Subject: Re: Ek trek Orania toe!
To: Petrus Potgieter <potgieter.petrus@gmail.com>


Liewe Petrus

Ek stem heeltemal met jou saam - ek wil nog oudag kruisbeen op die vloer sit en wyn drink, in die veld op my rug lê en wolke kyk en altyd 'n stoute vonkel in die oog hê om die ooms aan te draai!

Die huis en erf was nogal 'n winskoop, R515 000. (Daar is egter 'n hele drama van familietwiste daaragter en ek dink die eienares was desperaat om weg te kom van al die onaangenaamheid - bitter vyandskap tussen haar en haar swaer en suster aan wie sy heelwat geld skuld - die swaer is die boer op wie se grond die Brosdoring-ontwikkeling is.) Ek sal egter heelwat moet uithaal vir beter kragvoorsiening, want die sonpanele is te min - sal 'n windlaaier laat oprig en ekstra batterye moet aanskaf vir kragberging.

Kyk gerus op www.afsaal-op-orania.co.za as jy 'n idee wil kry van huispryse op Orania in die algemeen. Party mense vra absoluut verspot hoë pryse vir hul opslaanhuise. Blykbaar gaan nog so twee/drie huise (baksteen) op Brosdoring gebou word - daar is nou vier of vyf. 'n Nuwe plaasdorpie langs die Oranje word beplan en daar is ook erwe langs die Weskus te koop.

Ek hoop dis nou heerlike somer daar by julle. Onthou jy nog die liedjie: "Al die veld is vrolik, al die voëltjies sing, al die koggelmandertjie kom om fees te vier ..." Doris Brasch?

Mooiloop

Jelleke
     

No comments:

Post a Comment