Joerie, joerie, botter en brood,
as ek jou kry, slaat ek jou dood

Wednesday, August 22, 2012

NADER... STEEDS NADER...


Is Naspers-voetewassers, NUM, Ramaphosa en Solidariteit kop in een mus?


Skoppensboer is elke dag meer verbaas oor die Suid-Afrikaanse heersersklas se vermoë om homself te handhaaf.
Die voetewassers van Die Burger en Beeld wat elke dag nog krokodiltrane oor Sharpeville of Soweto huil, vind dit normaal dat die ANC se polisie goedsmoeds 34 swart mynwerkers afmaai en 78 ander beseer.
Soos PRAAG elders op hierdie blad berig, het die mynhuise mos ‘n groot rol gespeel om die ANC in Suid-Afrika aan bewind te bring, met Consolidated Goldfields wat destyds die ontmoeting tussen Mbeki en Willie Esterhuyse gereël het. Ook het Gavin Relly van Anglo mos die ANC in Lusaka gaan besoek om nog meer glans aan die organisasie te verleen. Kort ná 1994 het Anglogold se Bobby Godsell letterlik die gebruik van Afrikaans in sy myne of kantore verbied.
Skoppensboer se opgeskote seun roep nou die dag uit terwyl ons op pad skool toe na RSG se Monitor luister: “Ons bly nou in net nog ‘n Afrikaland. Dis nie meer Pretoria nie, dis Mogadisjoe!”
As die AK47 of die R5 praat, dan luister ons mos. Nie waar nie?
Ons is terug in die negentiende eeu en daar word ‘n vorm van plantasieslawerny vanuit Londen bedryf wat die myne saam met die regerende party beheer. Cyril Ramaphosa verdien waarskynlik tussen R50 en R100 miljoen per maand uit “arbeidsverskaffing” by Lonmin Marikana. Hy wil nie sien dat ‘n alternatiewe vakbond sy “kommissie” bedreig nie.
Skoppensboer merk op dat Cyril sommer oral ‘n paar “fooitjies” verdien, ook by ‘n multinasionale maatskappy soos McDonalds. Dink daaraan as u u volgende Big Mac bestel. ‘n Paar sent belasting beland nou in Big Cyril se beursie.
Naspers beaam alles wat Ramaphosa en sy NUM sê en vaar uit teen die alternatiewe vakbond wat “geweld aanstig”. Alla wêreld! Asof Nathi Mthethwa om dowe neute ‘n week of twee gelede “om menslikheidsredes” rubberkoeëls verbied het... Yebo, Nathi. Skerppuntammunisie is baie meer “menslik”. En die myners kry seker ook die boodskap as hulle nie aan NUM wil behoort nie, sal daar korte mette van hulle gemaak word. Nogal op “Wonderkop”.
Solidariteit se woordvoerder beaam alles wat die koninklike Cyril sê en meen dat die rotsbrekers eintlik “goed betaal” word, selfs sonder hul bonusse. Die groot vraag is: behoort Solidariteit nie ook, soos die NUM, aan Cosatu nie? Skoppensboer herinner hom dat Dirk Hermann en sy manne ‘n paar jaar gelede onder groot toejuiging by ‘n Cosatu-kongres opgedaag het.
Soos dit vir Skoppensboer lyk, het almal ‘n gevestigde belang om die huidige rampokkerstaat en sy roofmynbou te bestendig: die ANC en sy tenderpreneurs en SEB-miljardêrs soos Ramaphosa, uiteraard. Maar ook die voetewassers van Naspers/Media24 want hulle kry ook hier en daar ‘n aalmoes en bewierook die arme Afrikaners wat reeds ‘n aansienlike deel van hul maandelikse inkomste aan DSTV se sportprogramme afstaan. Wat noem hulle dit? Supersport.
Af en toe in Mogadisjoe as die krygshere se koeëls klap, word die Supersport onderbreek deur Superbloedsport. Maar daarna kyk ons weer rugby en krieket.
Terwyl die tenderpreneurs geld maak uit regstellende aksie, stimuleer dit weer al die blankes by groot maatskappye en staatsinstellings om by Solidariteit aan te sluit. Al die wit voetewassers wat so vir hul swart base glimlag, het “beskerming” nodig. Regsdienste, advies, sulke goed. Dis versekering teen die eventuele diskriminasie. Noem dit “beskermingsgeld” vir ‘n voetewasser. As rassevoorkeure en diskriminasie teen wittes môre afgeskaf word, stort Solidariteit se lidmaatskap in duie. Dit spreek vanself dat dié Pretoriase vakbond óók weet aan watter kant sy brood gebotter is. Daarom volg hy die stroom, die ANC-NUM-Cyril-Naspers-voetewasser-stroom!
Toe daardie Ingelsman van Lonmin op die TV sê dis apartheid wat sy mynwerkers in sulke haglike omstandighede laat bly, toe wonder Skoppensboer of daar ‘n haan oor dáárdie stelling gaan kraai. Of sommer net ‘n kapokhoender iewers kekkel. Ons weet mos nou - ook danksy “die media” - dat Eugene Terre’Blanche ‘n moffie was. Hane is al meer yl gesaai. Ons het nou net hoenders. Skoppensboer het so gehoop ‘n kapokhoendertjie kloek net so saggies oor die Lonmin-lord se apartheidstelling.
Toe nie. Ons bly mos lekker in Voetewasserland.

No comments:

Post a Comment