Joerie, joerie, botter en brood,
as ek jou kry, slaat ek jou dood

Monday, July 15, 2013

NOG KUNS WAT SKRIK VIR NIKS

ecce homo

aanskou die mens met sy moeë voorkop
vasgedruk teen die drie-dubbele koue ruit
staar hy deur die termiese versperring van argon, kripton of xenon uit
want sy wêreld is so verskriklik warm, ‘n perfekte fokop

bring vir hom ‘n ou hubble
want hy soek in hierdie benoude uur
in die diep kobalt blou tinktuur
na ‘n nuwe koel ligblou bubble

hy soek ver, baie ver, 63 ligjare ver                           
na ‘n nuwe gelukkiger ster

maar al wat hy vind
is eksoplaneet hd189733b
maar dis sonder water of ‘n see
en het net ‘n 7000 km/h hipersoniese wind

omvou in ‘n ongasvrye 1000˚C gasagtige newel
die enigste wat daar blink reën, is die kurkdroë kieselsteen
o my God, ons het U én die aarde vermoor
dis al gebed nou oor, om te prewel


(12-07-2013)
[Chris Potgieter]

No comments:

Post a Comment