Joerie, joerie, botter en brood,
as ek jou kry, slaat ek jou dood

Friday, August 23, 2013

DIE GROOT KARWATS HET GESLAAN!

My oudste en beste kameraad wat saam met my gebore is...

...en waarskynlik saam met my sal sterwe, sluit onlangs aan by 'n Facebook digtersblad.

Een van die lede plaas die volgende gedig:


Eva Mouw8:07pm Aug 20
my pa se weer dit is nie meer lank nie
hy se dit nou al soveel dae
elke more staar hy na Calvijn se Institusie
drink ons Douwe Egberts filter
en ek wonder of iets sal verander
hy sug en blaas met iedere tree
staar in die verte in die donker
en gaan bid dan
ek ken nie my pa so goed nie
maar ek verstaan dat God hom beter ken
as dit tyd word om te gaan
word dit 'n dennehoutkis, eenvoudig
en hy vra ons moet skrywe
"alles, alles tevergeefs"

maar ek sien die lyf leef sterk
en sy gees, wat nog altyd kan
in 'n skitterende oue kerk
op De Veluwe, met drieduisend man

...en lok die volgende kommentaar uit:

Giel Jonker8:40am Aug 22
Pragtige vers Eva

Pierre Rossouw7:43pm Aug 22
Mooi Eva, Daar op de Veluwe het ek ook in de heide gewandel

Eva Mouw8:50pm Aug 22
Dankie maats. Pierre Rossouw, dis waar ek gebore is....ek is bly jy kon ook eens daar gewees het.

Marthinus Nel9:29pm Aug 22
Pierre Rossouw, jy's natuurlik bewus daarvan dat die benaming "heiden" oorspronklik aan die bewoners van presies hierdie heide gegee is of dan aan die plattelanders om hulle te onderskei van die stedelinge wat eerste gekersten is...wat van Eva Mouw minstens 'n heilige heiden maak;-) Ongelukkig het die kerk en die verhale-deel van die Kinderensiklopedie van die heidene ontereg swart mensvreters gemaak en veral die Afrikaner van sy ware aard en wortels vervreem. 'n Mens kan vandag net hoop dat die kentering betyds kom om ons van (die) ondergang te red.

Eva Mouw9:41pm Aug 22
Marthinus Nel - wat kom jy om ons te vertel? n Groot verhaal, ou maat. Ons sal dit nou maar daarby laat. ;

Vanoggend sit hierdie boodskap in sy e-posbus:

Mellet Moll (Gaan betrag hom in al sy glorie)11:59pm Aug 22
Ag nee man. Hierdie is 'n diggblad waar digters ulle werk in vrede plaas, bespreek en daarop voortbou. Eerstens is die ideologiese inslag van bogenoemde kommentaar alreeds 'n outeursdwaling en tweedens vind ek die rassistiese ondertoon onvanpas by 'n digtersblad, trouens ek vid dit universeel onvanpas. EK tree dienooreenkomstig op.


No comments:

Post a Comment