Joerie, joerie, botter en brood,
as ek jou kry, slaat ek jou dood

Monday, February 3, 2014

UITEINDELIK

DIE EMERITUS-GENERAAL VAN DIE KAALGATKEISER ANTWOORD:

From: N..... <.......@intekom.co.za>
Date: 2014-02-02
Subject: Karoo Groete
To: pearsonarium@googlegroups.com


Hallo Almal,

Baie dankie vir die goeie wense wat die laaste paar dae deurgekom het.  Ek waardeer dit.

Dit was ‘n redelike lang selfopgelegde stilte.  Ek was met verlof vanaf 25 Nov.  Ons het daardie week getrek af Graaff Reinet toe.  Die rekenaar is ontkoppel en ek het net per geleentheid op die skootrekenaar gekyk wat aangaan.  Het nie slimfoon of so nie!!  Daarna is ons Engeland toe om ons eerste kleinkind se aankoms te geniet.  Wat ‘n geweldige ervaring.  Ek moes vroeg terugvlieg aangesien ek my laatse maand moes werk.  Oupa se hart was baie seer om te gaan.  M...... het laas Sondag teruggeland en ons het die laaste week net-net oorleef met funksies, afskeide en dies meer.  Saterdag het ons afgery GRT toe en nou is ons hier.  Moet eers weer die huis leer ken.

Petrus, ek het kennis geneem van jou relaas oor die heengaan van Nelson Mandela.  Eerstens het almal lankal geweet dit sal kom en die Weermag het lankal beplan daaraan.  Tweedens was daar baie snert ook gepraat dink ek.  Ek was geensins bewus van ‘n beplande lugskou op WKLF bv.  Elkgeval moet ons maar liewers aangaan met ons lewens en die toekoms probeer beinvloed liewers as om te teem oor die verlede.

Voorspoed vir almal vir 2014.

Groete,


N.....

No comments:

Post a Comment