Joerie, joerie, botter en brood,
as ek jou kry, slaat ek jou dood

Monday, March 31, 2014

VERDOEM II*



My Maat*

*[Soos majoor Willie Snyders (die kolonel Kurtz van Owamboland) die lede van die leiergroep by 1 Owambo-/35 Bataljon altyd aangespreek het - ek was nie self later by 101Bataljon nie en ek weet ook nie of majoor Snyders daar was nie. Ek het hom al op die internet probeer opspoor, maar sonder sukses…]
Dít was egter nie die eerste gedagte wat jou onderstaande e-pos by my opgeroep het nie, maar wel die volgende korrespondensie van middel-Desember 2001:


— Original Message---
From: Ingrid ...
Sent: Friday, December 21, 2001 5:55 PM
Subject: VIR DIE BOU VAN 'N MONUMENTJIE
DAG FRANS, NORMA
Ter hervatting stuur ek maar eers die volgende stukkie wat ek die afgelope week geskryf het vir die Vlaams Heidens Front (http://www.heathenfront.org/vhf), maar nog nie gestuur het nie.


Groetnis

P
_________________________________
Heil die leser
Kort na my en my (Suid-afrikaans gebore, Vlaamse) vrou se huwelik in 1981 het ons besef dat daar vraagstukke bestaan wat ons nóg vanuit my Calvinisties -Protestantse nóg vanuit haar Rooms-Katolieke agtergrond kon verklaar of oplos.
Ons het op die gedagte gekom dat 'n mens 'n soort navorsingsentrum moet oprig waarby 'n mens 'n aantal gesinne moes betrek. Sommige lede van die projek sou voortgaan met hul gewone beroepslewe en andere sou voltyds of andersins by die sentrum besig wees met navorsing oor vraagstukke waaroor onderling besluit sou word.
Die politieke revolusie in die land het egter te snel gegaan en ons is deur omstandighede gedwing om met ons drie seuns uit te wyk na my vrou se tuisland, Vlaanderen.
Ofskoon nie meer dieselfde as destyds nie, bestaan daar vir ons nog altyd vraagstukke. Ons is egter nog steeds - soos destyds - van oordeel dat 'n mens nie in isolasie sinvol kan aandag bestee aan sodanige vraagstukke nie, maar dat dit in noue samewerking met ander gesinne moet geskied, by gebreke waarvan 'n mens nie veel vordering kan verwag nie.
In die "vragen en antwoorden"-afdeling van u bekenstellingspamflet sê u o.a: "... iedereen is vrij om te lezen wat hij wil, iedereen interpreteert het heidendom op zijn manier, ...". Ons is egter van mening dat daar tóg 'n mate van ordening behoort te wees in die rigting van 'n doelwit; daar moet sprake wees van 'n geordende projek.
Beide ek en my vrou ervaar natuurlik vandag die Christendom totaal anders as destyds en stem met baie van u stellings aangaande dit wat u die joods-christendom noem, saam. Desondanks is ons ten opsigte van ons drie seuns van mening: liewer die christendom as niks. In ons eie evolusie as gesin het ons ook uitgevind dat baie vrae nie alleen nié beantwoord word nie, maar waarskynlik vanweë epistemologiese en ander redes nie beantwoord kán word nie. Dit is vir ons afdoende duidelik dat ons Suid-Afrikaanse paradigmatiese programmering waarskynlik voldoende was vir Suid-Afrika, maar dat dit nie toepaslik is in die huidige Europese samelewing nie. 'n Mens sou kan sê dat die sleutel wat ons ontvang het om die wêreld mee te ontsluit (verklaar), verval het en dat 'n mens 'n nuwe paradigma nodig het. Dit geld egter ook vir die Europeër in internasionale verband.
Ons hou graag die volgende aanhalings en gedagtes aan u voor om aan te toon dat die Christendom as sodanig waarskynlik nie die groot sondaar is nie, maar eerder misbruik is (dit is geen christelike apologie nie!):
Terry Pratchett se "Discworld is the flat world, carried through space on the back of a giant turtle,..."
...en netsoos "It is known that knowledge is power, and power is energy, and energy is matter, and matter is mass, and therefore large accumulations of knowledge distort time and space. This is why all bookshops look alike, and why all second-hand bookshops seem so much bigger on the inside - and why all libraries, everywhere, are connected."
Netso bestaan alles wat 'n mens ooit iewers gelees het in onderlinge verband in sy persoonlike, mentale tyd-ruimtelike vervorming.
So lees ek byvoorbeeld in Dr. Antoon Vloemans se boek "NIETZSCHE": "Niemand heeft de strekkingen van het Christendom zóó in de diepte nagespeurd als Nietzsche. Gedreven door een hartstocht zoo groot, dat hij alleen liefde - of haat kan zijn. En wanneer men zegt, dat liefde blind maakt, dan is het de haat, die Nietzsche ten opzichte van het christendom "ziende" heeft gemaakt."
...maar in die Vrijbuiter (nr1, jaargang 1, okt-nov-dec 1997) lees ek ook in 'n artikel met die titel HET LEVEN IS ZINLOOS! LEVE HET LEVEN! Van Dirk Bollen: "Nietzsche vertelt in deze onschuldig ogende parabel op meesterlijke wijze over de dood van God. De mogelijkheden om oprecht en naïef in een godsdienst te geloven zullen voor de mens steeds kleiner worden om op den duur volledig te verdwijnen. Dit proces is in volle gang, maar de mensen beseffen dit nog niet. De personen die de dolle mens uitlachen, zijn niet de kerkgangers of de pilaarbijters, maar niet toevallig zijn het mensen die niet meer in god geloofden. Zij hebben het geloof al wel achter zich gelaten, maar met een onbekommerdheid waar ze nog spijt van zullen krijgen."
In die boek Het mystieke leven van Jezus van H. Spencer Lewis lees ek ook (p.8,9): "leder lid van de Essenen in Egypte of Palestina of van de 'Therapeuti', zoals zij in andere landen werden genoemd, moest een rechtstreekse afstammeling zijn van het Arische ras. Dit punt is zeer belangrijk in verband met de feiten die zullen worden onthuld in verband met de geboorte en het leven van de Meester Jezus."
... en op p35: "Alle genoemde feiten tonen duidelijk aan, dat Maria, Jozef en het kind dat hun geboren werd, alsmede vele anderen in hun omgeving als Nazareners, Nazareërs of mensen van een niet-Joodse sekte werden beschouwd."
Vervolgens lees ek in die Encyclopaedia Britannica: "The picture of Jesus offered in these writings [the Talmud] may be summarized as follows: born as the illegitimate son of a Roman soldier called Panther, Jesus (Hebrew Yeshu) worked magic, riduculed the wise, seduced and stirred up the people, gathered five disciples about him, and was hanged (crucified) on the eve of the Passover."
Vir 'n oomblik terug na. Dirk Bollen en Nietzsche: "Het proces van de dood van God voltrekt zich langzaam. Zelfs de mensen die niet meer in God zeggen te geloven, hangen immers nog steeds ideeën en woorden aan die rechtstreeks uit deze religie voortspruiten, als wereldlijk ersatz voor deze religie fungeren. De religie, ontdaan van God, werkt immers nog door in de moraal."
Byna ten besluite het Mark Twain blykbaar gesê: "The reason why truth is so much stranger than fiction is that there is no requirement for it to be consistent."
Kortom, u weet tog ook waarom 'n brandweer rooi is:
'n Brandweerwa het 4 wiele en op 'n brandweerwa staan 5 brandweermanne. Nou, 4 x 5 = 20 en daar was twintig sjielings in 'n £. 'n Pont vaar oor 'n rivier en in die rivier swem daar visse. Die visse het vinne en die Finne het eens teen die Russe geveg - die Russe was rooi en daarom is 'n brandweer rooi...
Ten besluite die woord aan Zarathoestra in Van de bleke misdadiger: "Ik ben 'n leuning langs de stroom : grijp mij wie mij begrijpen kan!"
_________________________________________________
Van: "norma.frans

Aan:"Ingrid ..."
<ingrid....@ pandora.be>  
 Verzonden: 30 December 2001 00:33
Onderwerp:Re: Monument se moer
Dag Piet
Vanoggend in my Taxi kry ek die volgende "job" op die data-skerm:

Nm. Jeremy

1/250 Gloucester St
.
do as directed
Ek soek en hou stil. 'n Woonstelblok. Jeremy kom tevoorskyn en sê dat ek moet binnekom. Ek is al teen dié tyd gewoond aan rystoel-kliënte, maar oënskynlik wil dié een nêrens heen gaan nie.....sê net ek moet inkom. Toe ek binne is gee hy my die opdrag om die urinesak wat aan sy been vasgegespe is leeg te maak in 'n emmer wat ek moes nadersleep. Ek huiwer. Besluit om nie te dink nie en trek die emmer nader. Hy versoek my om sy broekspyp op te trek, die sak te ontbloot en die kraantjie oop te maak in die emmer. Ek huiwer...en doen dit. Die kamer ruik na pis. Ek vra hom of dit o.k. is en hy se "nog nie," en druk-druk met sy hande aan sy broek. Toe is dit o.k.
Hy vra my om hom te help van sy sitkamer na sy slaapkamer toe. Daar is een van hierdie groot hake bokant sy bed en op sy versoek help ek hom om sy arm deur die haak te kry. Nou moet ek hom aan sy bene vat en op sy bed help. Met 'n hiernatoe en daarnatoe en 'n bietjie links en regs, kry hy uiteindelik sy lê. Nou moet ek sy broek uittrek, asb. Sy ballas en sy penis is normaal, behalwe vir die kondoom-agtige-konneksie met die sak om sy been (wat ek sopas in die emmer leeg gemaak het). Ek moet die komberse oor hom gooi, die emmer langs sy bed neersit vir verdere gebruik, die kamer verlaat en toesien dat al die deure gesluit is, $5 van sy tafel af optel, die voordeur van die woonstel agter my toetrek en die pad vat.
"Do you see him?" he asks. "Do you see the story? Do you see anything?....No, it is impossible; It is impossible to convey the life-sensation of any given epoch of one's existence - that which makes its truth, its meaning - its subtle and penetrating essence. It is impossible. We live, as we dream - alone!"
I find any sleep 
that claims to be
a sleep of reason

unreasonable and fitful,

yet each night

I fall down in darkness

all the same

wondering what new land

knows the sound

of singing swallows.

Rod McKuen
Groetnis
 Frans.
_______
…en in die besonder Frans se aanhaling uit Joseph Conrad se Heart of Darkness.
Jou vervreemding van die Afrikaner is vir my natuurlik niks nuuts nie: selfs as student was jy nie besonder “nasionalisties” nie, hetsy die huigelagtige of enige ander soort nie en vir my was dit reeds een van jou “sjarmes” en waarskynlik een van die redes waarom jy nooit regtig ’n reuse skare van aanhangers om jou versamel het nie – per slot van rekening is jy volgens jou eíe getuienis nie juis ’n bok vir ’n groep nie…in teenstelling met my: vir my is twee al genoeg vir ’n groep.
Hoe dit ook al sy, ’n ander gedagte wat jou skrywe aan die vergetelheid ontruk, is ons eerstejaar staatsleerklasse by prof. Jac. Cilliers toe daar onder andere oor die “-ismes” besin is. Toe ek met die oog op dié skrywe die ismes Google, kom ek eerste op hierdie twee lyste af: http://www.ismbook.com/ismlist.html en http://phrontistery.info/isms.html

Dis baie interessant dat “nasionalisme” nie in één van dié twee lyste opgeneem is nie.
Die volk, volksliefde en nasionalisme is minstens sedert die tweede wêreldoorlog ’n byna absolute taboe vir die meerderheid Europeërs – hulle is meer “tolerant” teenoor pedofiele as teenoor nasionaliste, waarskynlik omdat hulle pedofilie nog so laat as die tagtigerjare van die vorige eeu bedryf en oogluikend toegelaat het.

Dit is egter nié die nasionalisme wat die skurk in die stuk is nie, maar soos ’n mens so pas weer in die Oekraïne kon sien, word die nasionaliste as pionne in ’n baie groter spel gebruik, net soos in Suid-Afrika, want nasionalisme is waarskynlik  die enigste ideologie waar jy op die mense se ingebore, natuurlike moed van hulle oortuiging kan staatmaak – dis net jammer dat die ware nasionaliste nooit veel meer as 10 tot 15% van die volk verteenwoordig nie.
Sodra die nasionaliste sukses behaal, vind daar ’n eksponensiële toename plaas in ondersteuning vir hulle, maar byna uitsluitlik van onbetroubare meelopers, opportuniste en parasiete en dit is dán wat een van die (groot) –ismes sy kans waarneem en die staatsgreep pleeg.

Die feit dat nasionalisme per definisie beperk is tot ’n bepaalde volk, is seker die rede waarom dit nie universeel /globaal kan wees nie en gevolglik uit die bogenoemde lyste gelaat is. Indien dit reg is dat die enkeling die ewige lewe in die familie beërwe, die familie die ewige lewe in die volk beërwe en die volk die ewige lewe in die ras beërwe, dan kan Frans, Marlow en Conrad sê wat hulle wíl, maar dan word ons nié as enkeling gebore nie en nog minder sterf ons as enkeling!
Wanneer ek na die volgende beskrywing van Medusa kyk na wie jy in jou slotsin verwys, dan dink ek dis baie toepaslik met verwysing na die nasionalisme en hoe andere dit misbruik en geweld aandoen:
Groete
Petrus


MEDUSA

The Medusa was an ugly creature. Let's have a look at how she came 
into existence, for she wasn't always that ugly... Again, the Gods played their role.
The Medusa was the daughter of Phorkys and Keto, the children ofGaea (Earth) and Oceanus(Ocean). She was one of the three sisters known as the Gorgons. The other two sisters were Sthenno and Euryale. Medusa was the only mortal out of the three.
 

She was originally a golden-haired and very beautiful maiden, who, as a priestess of Athena, was devoted to a life of celibacy; but, being wooed by Poseidon, whom she loved in return, she forgot her vows, and became united to him in marriage. For this offence she was punished by the goddess in a most terrible manner. Each wavy lock of the beautiful hair which had so charmed her husband, was changed into a venomous snake; her once gentle, love-inspiring eyes now became blood-shot, furious orbs, which excited fear and disgust in the mind of the beholder; whilst her former roseate hue and milk-white skin assumed a loathsome greenish tinge. 
Seeing herself thus transformed into so repulsive an object, Medusa fled from her home, never to return. Wandering about, abhorred, dreaded, and shunned by all the world, she now developed into a character, worthy of her outward appearance. In her despair she fled to Africa, where, as she passed restlessly from place to place, infant snakes dropped from her hair, and thus, according to the belief of the ancients, that country became the hotbed of these venomous reptiles. With the curse of Athene upon her, she turned into stone whomsoever she gazed upon, till at last, after a life of nameless misery, deliverance came to her in the shape of death, at the hands of Perseus.
More: Perseus, Adventures of Perseus, Pegasus


Groete

Petrus
Groete
Petrus





No comments:

Post a Comment