Joerie, joerie, botter en brood,
as ek jou kry, slaat ek jou dood

Wednesday, April 23, 2014

INSIGGEWENDE ONDERONSIE

 
Many SA leaders not following  Mandela - De Klerk


  • Marthinus Nel Fanie Pretorius, jy wil nie ASSEBLIEF die foto van dié man, wat in alle denkbare & ondenkbare opsigte die walglikste mens is, tog net verwyder nie. (Mense kan immers sélf besluit of hulle sy kaf wil lees, al dan nie, maar die onmiddellikheid van die afbeelding maak my summier, fisiek náár en vergal my hele dag.)
    11 hrs · Like
  • Fanie Pretorius Ek is jammer dat jy naar is, Marthinus. Om jou vraag te antwoord: Nee, ek gaan nie die foto van FW de Klerk verwyder omdat 'n naar man verwronge persepsies oor hom het nie. Ek weet (eerstehands) van beter.
    • Theo Janse van Rensburg Self onseker oor hoe ek FW beoordeel. Dink hy het paar baie goeie goed gedoen, maar kon/moes ook ander dinge beter gedoen het. MAAR Marthinus Nel, in belang van intelligente debat, moet mens darem meer verdraagsaam wees teenoor ander en hulle sieninge en standpunte ook kan respekteer op 'n volwasse manier.
      23 hours ago · Like · 3
    • Marthinus Nel http://www.merriam-webster.com/audio.php?file=fwdegu01...Ek het nie vir 'n oomblik (of korter) voorgegee dat ek belangstel in 'n "intelligente debat" oor die foto en my refleks/refluks daaroor nie. (Die enigste misverstand wat daaroor kan bestaan, is moontlik omdat die sogenaamde braaksentrum in die medulla oblongata geleë is.) Ek het nie 'n vraag gestel nie; ek het 'n vriendelike versoek gerig. Ek het my gehou by die reëls wat op "ons" (die lede van die groep) van toepassing is: ". Ons verskil van mekaar. Ons MAG van mekaar verskil.
      . Kru of neerhalende taal en ongeskiktheid sal nie geduld word nie." - - in teenstelling met die ander wat nie net kru, neerhalend en ongeskik is nie, maar tipies broederbond paternalisties: doen nie soos ek doen nie, doen soos ek SÊ!

      • Fanie Pretorius Geen motivering vir jou ongevraagde en neerhalende reaksie op my plasing nie, Marthinus? Slegs 'n totaal ongemotiveerde aanval op FW se karakter en mededelings oor jou eie gal en spysverteringstelsel?
      • Marthinus Nel Fanie Pretorius, ek en my vrou het ons kinders geleer dat wanneer hulle senuweeagtig raak in sport of in iets anders, dat hulle dan moet "kalmeer & konsentreer" - jy sal ook baat vind by dié mantra, want ek begryp geen jota of titteltjie van jou bostaande, onsamehangende en onlogiese boodskap aan my nie. Die BMWS van die sentrale bank (TJvR) sal miskien 'n volwasse & intelligente uitleg kan gee van wat jy bedoel...Aangesien ek die Broederverneukers goed ken, het ek my ou kameraad gevra om hierdie polemiek ook op sý "Boernaal" te boekstaaf, waar jy ook sal kan opspoor wat BMWS is: http://mierleeu.blogspot.be/.../insiggewende-onderonsie.html
        mierleeu.blogspot.com



Waar beplan julle om te gaan aftree? Gee bietjie julle opinies asb. Veral as jy in SA wil gaan aftree, waar in SA sal jy wil aftree en hoekom .Sit gerus nog opsies by.
Ander land as SA of land waarin tans woon
Defnitief buite Suid-Afrika
Defnitief in Suid-Afrika
Moontlik Suid-Afrika, afhangende geld en familie

1 comment:

  1. This comment has been removed by a blog administrator.

    ReplyDelete