Joerie, joerie, botter en brood,
as ek jou kry, slaat ek jou dood

Monday, September 1, 2014

HUWELIKS/REIS/VERSLAG VI

Aangesien daar nog genoeg eetgoed oor was van die vorige aand, het elkeen, soos wat daar ontwaak en opgestaan is, ontbyt/middagete geëet volgens eie behoefte...

Teen ongeveer 15h00, Sondagmiddag (17/08/2014), het die onderskeie vertakkinge van wat nou een groot familie was, van mekaar afskeid geneem en het die skoonfamilie rigting Riga vertrek, terwyl ons, met die nuwe mev Maija Potgītere (geen spelfout) in die pad geval het na Sigulda (en: https://www.google.be/search?q=sigulda&espv=2&tbm=isch&tbo=u&source=univ&sa=X&ei=IhwEVPWjFIO6ygPvsILYBA&ved=0CDgQsAQ&biw=1440&bih=767)

Maandagoggend, ná ontbyt, het ons op ons tyd langs die Gauja af gedwaal tot waar die rivier in die Baltiese see uitmond en Frederick & Liesbeth een-twee-drie in hul onderbroeke in 'n kalm see gestaan het:





...volgens eersgenoemde vir hom die vierde see vir die maand Augustus, die ander synde die Middellandse See, die Atlantiese Oseaan en die Noordsee.

Later, op pad na die lughawe, wou Frederick nog eers 'n paar skoene gaan koop wat hy die Vrydag by so 'n "stand-van-die-kuns" winkelsentrum in Riga gesien het waarna ons weer by die Vryheidsmonument verbygeloop het:
...en toe ek my vir oulaas omdraai en so terugkyk, tel ek een-en-twintig kerkkraaie wat 'n melodie komponeer op twee hoogspanningsnotebalke, skuins bo die monument - die karnaval mag verby wees, maar die liefde lewe voort...

No comments:

Post a Comment