Joerie, joerie, botter en brood,
as ek jou kry, slaat ek jou dood

Friday, February 27, 2015

BOSOORLOGSKORRESPONDENSIE 1

[Lees van onder-af (chronologies) boontoe]

From: Petrus Potgieter <potgieter.petrus@gmail.com>
Date: 2015-02-27 8:21 GMT+01:00
Subject: Re: R... verjaar
To: pearsonarium@googlegroups.com

Terwyl, ek weet, jy besig is om te besin oor jou antwoord aan my/ons, het ek gewonder of jy ons nie ook somaar meer wil vertel hieroor nie:

27 Feb 1982: 81553539SP Rifleman Peter Williams Hafeni Naikaku from 32 Battalion was working at Eenhana with 54 Battalion before being loaned to, and later retained by the 32 Battalion Reconnaissance Wing and used as a guide for their External Operations. During Ops Olyfhout, a 32 Battalion Reconnaissance Wing Operation using enemy vehicles to infiltrate enemy bases and attack them from within,two SAAF Impala Jets were unfortunately tasked on a search and destroy mission over this same area although the area had been classified as a "frozen area"The Aircraft picked up the tracks and later came across the “enemy” vehicles which were immediately strafed with 30mm canon. Rifleman Hafeni was hit in the chest and killed instantly. There were approximately 18 casualties altogether and many of the vehicles were destroyed when their fuel bladders blew up. He was 29.

(Terloops, die tweede aflewering oor Operasie Savannah is nou beskikbaar.)

2015-02-24 21:48 GMT+01:00 Petrus Potgieter <potgieter.petrus@gmail.com>:

...amper sê ek nou "weledeldierbare generaal", jy kan nie onbepaald & onbeperk op jou verênda  koffie-oor-die-vlakte-sit-en-stuur terwyl daar sake is wat jou onverdeelde aandag verlang nie, soos byvoorbeeld:


Ter afleiding  kan jy gerus híér gaan kyk - jy sal opmerk ek het dit gedoen volgens die "nuwe (interaktiewe) genre/metode" wat gangbaar is in die virtuelal...

Jou klasmaat

Petrus

2015-02-16 11:15 GMT+01:00 Petrus Potgieter <potgieter.petrus@gmail.com>:


Dag N...

Inteendeel, N..., is dit nié weer een van [my] diepere boodskappe nie, maar jý wat te diep kyk - wat ek, trouens, van my generaals verwag...

(Genl) Ndjoba het by my tafel aangetree om by 1 Ow Bn aan te sluit, maar was uiteindelik nie in my peloton nie - só ek maak nie enigsins aanspraak op die grondlegging van sy uiteindelike prestasie nie, maar soos ek in 2008 vir wyle Thys in sy privaat straler gesê het: "Dis net diegene wat weet waar jy vandaan kom, wat weet wat jy in jou lewe gepresteer het..."

Aangesien ek séker is dat jy mierleeus om jou plaasopstal het, is ek ook seker dat jy in die jongste bydrae op MIERLEEU sal belangstel: http://mierleeu.blogspot.be/2015/02/n-vinnige-roll-call-saterdagaand.html

Ek het laas oppie plaas gesien dat iemand sy koffie uit die piering uit slurp ... dit was nou vóór 1986, toe ek byna ses maande uitgehou het as stadsekretaris van die Ibhayi Stadsraad. Renier Scholtz was my stadsklerk en een van die mees outentieke mense wat ek geken het en dis by hom wat ek dit weer gesien het en dan het hy altyd, wanneer hy die koffie in die piering skink, gesê hy "...stuur dit oor die vlakte..." - ek is seker jy het nou iets by my geleer.

Groete

Petrus
 

2015-02-16 10:20 GMT+01:00 N... <...@intekom.co.za>:


Dagsê Petrus,

Eerstens is my tikvermoë nie bo verdenking nie.  Daarom die seën wat seë geword het.  Maar wie weet, as mens by George bly wil jy dalk die wye waters ook verder verken!  Dalk daarom dat ek volgens jou oor die vlakte stuur, of is dit weer een van jou diepere boodskappe?

Tov die aanvanklike vraag; nee ek het nie die man geken nie.  Ek glo dit is dieselfde person wat jy opgelei het, aangesien ek wel op ander fb bladsye gelees het van gewese SA Leër offisiere wat saam met hom gewerk het by 101 Bn en groot respek vir hom gehad het.  Verder het ek egter geen inligting oor hom nie.

Groetnis,

N...

From: pearsonarium@googlegroups.com [mailto:pearsonarium@googlegroups.comOn Behalf Of Petrus Potgieter
Sent: 16 February 2015 09:38 AM

To: pearsonarium@googlegroups.com
Subject: Re: R... verjaar

Jy's laat op parade, Generaal en vir iemand wat deesdae op sy verênda koffie-oor-die-vlakte-sit-en-stuur is dit byna onvergeeflik, maar jy sal miskien verskoon word indien jy op die volgende iets te verklaar het -

My goeie kameraad het 'n week gelede die volgende navraag op die https://www.facebook.com/groups/BorderWar/?fref=nf -blad geplaas :

Weet enige van die lede iets oor dié webblad: http://www.101-bateljon.co.za/

101 Battelion
…waarop hy onder andere die volgende reaksie ontvang het:
·       
Ivan Bernard Down Is the website still active,tried to register and had no response.I did a camp with 101BN and spent time with a RM team in begining 1988.
·       
Marthinus Nel Aah, Ivan Bernard Down, dis presies waarom ek vra of iemand iets weet van die webblad want my goeie kameraad het ook probeer registreer, maar sonder sukses. Hy was daar in 77/79 - eers by 1 Owambo Bataljon wat toe in 1978 35 Bataljon geword het en later (ná sy tyd) 101 Bn.
·       
Werner Hendrikz Hier is 102 se FB blad, dalk weet hulle wat daar aangaan?

https://www.facebook.com/groups/102bnkaokoland
Closed Group
177 Members
·       
Trevor Brauckmann Werner,probeer Chris Snyman op FB, hy is admin vir die 101 groep. Hy sal jou oplaai as jou detail reg is.

Hierop het my goeie kameraad soos volg laat weet:

Beste Trevor Brauckmann, ek het toe namens my goeie kameraad (hy het nie Facebook nie) jou Chris Snymanskakel (so ver) sonder sukses opgevolg en via die interneterdvarkgat (rabbit hole) by Allan Neill uitgekom aan wie ek die volgende boodskap gestuur het (ook nog sonder gevolg):

"Tuesday 10:32pm
Beste Allan Neill

Ek sien op die War Stories Facebookblad dat jy 'n kennisgewing geplaas het van die dood van genl. Karel C Ndjoba.

My goeie kameraad, Petrus (Piet) Potgieter sê my hy is oortuig daarvan dat daar so 'n troep in 1977 by 1 Ovambo Bataljon was waar hy, Selwyn Gray en Lawrie Evans instrukteurs was vir die eerste inname van Owambosoldate op Ondangwa...

Groete

Thinus Nel" 

"Allan NeillNovember 16, 2014
General Karel C Ndjoba. Passed away today. R[InternetShortcut]
URL=https://www.facebook.com/photo.php?fbid=598350953602727&set=gm.1575217766026849&type=1
IP General. Condolences to his family and friends. SALUTE."

General Karel C Ndjoba. Passed away today. RIP General. Condolences to his family and friends. SALUTE.

…en later ook dit nog:

Ek het intussen op hierdie bevestiging van my goeie kameraad se vermoede afgekom:http://www.saairforce.co.za/forum/viewtopic.php?t=7854



…nou is my vraag aan jou, N..., het jy Karel Ndjoba geken en so ja, wat kan jy oor hom vertel?

 In plaas van Seë en voorspoed vir R... het jy seker dít bedoel:


Groete

Petrus

2015-02-16 7:10 GMT+01:00 N... <...@intekom.co.za>:

Veelsgeluk R...!  Seë en voorspoed vir die jaar.

Groete,

N...

No comments:

Post a Comment