Joerie, joerie, botter en brood,
as ek jou kry, slaat ek jou dood

Friday, March 13, 2015

BITTEREINDERS...

'N OU VARIASIE OP 'N NUWE TEMA (lees & luister)

uit die stilte van nog 'n nag se duister
groei langsamerhand die dagbreekkoor
soos van soveel voëls: veelkleurig en spontaan
wat ve(e)rlig die eerstelig begroet en my laat luister
'n mus(i)e(k)koor wat ondeurdagte slaapdink
in die skemer, eksistensiële klaarstaankatedraal
alchemisties omvorm tot kristal en helder musetaal
wat iedereen summier en twyfelloos verstaan

ons synde hier is nie alleen maar tyd'lik
'n tussenspel of -werpsel waar almal deur moet gaan
maar bowenal ons onontkombaar opdrag
om vir ons self en vir ons volk
getrou die stryd te stry van dag tot dag met al ons krag

No comments:

Post a Comment