Joerie, joerie, botter en brood,
as ek jou kry, slaat ek jou dood

Saturday, March 21, 2015

VUURPYL UIT DIE VERLEDE

Let veral op die datums...

----- Original Message -----
From: cobus
Sent: 14 October 1999 11:26
Subject: Re: Boere Oorlog

Weermag Geselslys - http://members.xoom.com/weermag/
Môre Manne,
 
Paul skryf,

> Twee boere - drie politieke partye.
> Ja ons voorvaders sal in hul grafte omdraai om ons vandag te sien.,
 
Ek sit hier in die buiteland vir die afgelope 15 jaar, hoekom ?, wel dis nou 'n ander storie, maar gedurende die tyd was was dit nogal treurig om te sien hoe ons Afrikaners hul self om die bos laat lei het , in 1986 kom ek toe vir die eerste keer na twee jaar terug in die Republiek, en almal is vuur en vlam, en die algemene gevoel was dat ons die knoop gaan deurhaak, en om die waarrheid te sê het ek my besluit om S A in ' 84 te verlaat bevraagteken, ses jaar later  in 1992 besoek ek S A weer maar hierdie keer is ek 'n vreemdeling, my land wat skoon en netjies was is nou slordig en vuil, pornografie is vrylik beskikbaar, en almal praat net van mense wat hulle ken wie beroof en vermoor is.
 
Wat sien ek in die  spog-buurt waar my huis was ? , die nuutste in ope-gevangenisse, all die bewoners is onder huis-arres met sekerheids-heinings ,  en as jy hulle besoek word daar sekerheids-deure oop en toegesluit vir die vale , amper soos in Pretoria se Sentraal Gevangenis en, die diewe en rowenaars loop op die strate die eerlike burgers sit in hulle vestings en kla oor al die misdaad. Vir die eerste keer in my lewe sien ek Blankes op straat bedel.
 
Nouja ek praat met my vriende oor hierdie dinge , en meer as een sê " Toe jy ons van jou besluit vertel het in 1984 om die land te verlaat, het ons gedink jy's 'n parra, vandag wens ons het dit ook gedoen. 'n Ou skoolvriend van my was 'n Luitenant-Kolonel in die SAP, een aand sê diè vir my : " Wat gaan van my en my familie word ?, daar is geen toekoms vir ons hier nie, en niks in die buiteland nie, want al wat ek ken is om polisieman te wees " .
 
En dan was daar die ander Afrikaners, die wat F W en Pik se stories sluk, ek kon net my hoof skud en wonder wanneer hulle sou wakker word en die koffie ruik :"Ja-nee ou swaer , ons het 'n blink toekoms hier in S A , die buiteland gaan 'n helse klomp geld hier belê, en dan sal jy sien hoe S A  vooruit gaan, Dat die ANC en hulle meelopers ons gaan indoen ?, nee man, dis sommer skrikmaak stories van die AWB die, hulle (die ANC) het die kundigheid van die Afrikaners nodig, ons is tog vanuit Afrika, sonder ons kan hulle nie die land regeer nie" 
 
Hoe waar was die laaste paar woorde van hierdie stelling, sonder die medewerking van sekere Afrikaners sou S A nie in hierdie gemors wees waar hy nou is nie.
 
Marcus noem ekonomiese bemagtiging as 'n moontlike oplossing, hoe dan nou gemaak ?, die Blankes se getalle is veel minder as die ander spul s'n , hulle bevolkings aanwas is meer as ons s'n , hul  koopkrag is sterker, en hulle slaat die kitaar in die land. Glo my, as hulle besluit om ons te belas elke keer as ons die toilet gebruik , dan sal hulle dit doen, en geen haan sal daarna kraai nie .
 
Soos die Engelse hier sê : " The genie is out of the bottle" , die Suid -Afrika wat ons geken en liefgehad het, het gesterf op 24 April 1994, ons sal dit nooit weer sien nie, en dit breek my hart om dit te aanvaar .
 
Ek sluit af met 'n stuk uit 'n Britse koerant wat myns insiens die Afrikaner, Suid Afrika en die Boere-oorlog nogal goed opsom, persoonlik dink ek dat ons Boere die drie punte wat hier genoem word op ons harte moet inkerf sodat ons nooit weer die foute maak van die verlede nie 
 
The Anglo-Boer was the ultimate measurement, lodestone, guideline, for the Afrikaner. It taught them a few things:
  • The world can and will turn against you.
  • You are on your own for your own survival.
  • Most importantly: you often have to do something regarded by the outside world as ghastly and impossible, to safeguard your survival.
The war at the turn of the century is said to have forged the operating principle of the Afrikaner: the commando mentality. Like a commando, Afrikaners form a closely knit but very mobile unit -- ears pitched, reconnaisance done and lightfooted, the Afrikaner is ready, at any moment, to change direction, policy or principle. The only ethos is survival; if to be done by dishonourable means -- so be it.
    Mooi loop,
     

    Cobus

    No comments:

    Post a Comment