Joerie, joerie, botter en brood,
as ek jou kry, slaat ek jou dood

Wednesday, April 8, 2015

OPE BRIEFIE (BYGEWERK MET DIE KLIPVROU)

My liewe Esther

Teen dié tyd weet ek darem ook al dat jy óók nie meer veel ooghare het vir mý en/of my skryfsels nie, maar (on)gelukkig is die gevoel nie wederkerig nie, want wanneer jy - as enigste-een - skrywe: "Hoe laat die foto my nou terug verlang na my kinderdae! Daardie monument is SO deel van my kind-wees!", bevestig jy presies wat ek en Ingrid vir mekaar gesê het - daar is waarskynlik nie 'n Baaikind in wie se kindergemoed spesifiek hierdie monument, met sy deemoedige dier en ongebruiklik dienende mens, nie vir tyd en ewigheid gegrif is nie.

Ons kan aan niks anders dink wat méér ikonies van die Baai is nie - nie die Rooi Windmeul, die klipvrou voor die ou stadsbiblioteek of die piramide van die stigter se vrou op die Donkin-reserwe nie.
...miskien het dit te doene met die feit dat almal van ons byna jaarliks daar vir 'n bus gewag het ná die interskole atletiekbyeenkoms by die Westbourne Oval, of die feit dat 'n mens byna nie stad- of strand toe kon gaan sonder om daar verby te gaan nie.

As daar iets soos heiligskennis bestaan, dan is dit hier van toepassing.

Liefde 

Petrus







EFF members dismantles Horse Memorial

A group of about 30 men suspected to be members of the EFF dismantled the Horse Memorial where Cape Road meets Russell Road in Port Elizabeth on Monday (06/04/15).
Police were quick to respond but only arrived at the scene after the statue, erected in memory of animals that died during the Boer War, was damaged.
Police are searching for the suspects.
This comes after three men, believed to be affiliated to the EFF, attempted to burn a war memorial statue situated in Uitenhage’s market square on Thursday.

_______________________________________________________


Port Elizabeth’s Queen Victoria statue vandalised

Picture: Eugene Coetzee/The Herald.
Picture: Eugene Coetzee/The Herald.
The statue of Queen Victoria, which stands in front of the public library in Port Elizabeth, has become the latest in a series of South African statues to be vandalised.
The statue was seen covered in green paint on Friday morning (10/04/15).
Several statues have been vandalised across the country this week including the Horse memorial in Port Elizabeth and an Anglo-Boer War memorial in Uitenhage.
The EFF has distanced itself from this specific case of vandalism. A party spokesman said they were not behind the green paint splashed on the statue.


This is a developing story. We will update this page as more information becomes available.

____________________________________________________


No comments:

Post a Comment