Joerie, joerie, botter en brood,
as ek jou kry, slaat ek jou dood

Tuesday, June 2, 2015

"DIE BEDENKLIKE VERSKYNING VAN MILITÊRE PENSIONARISSE IN DIE REGSE POLITIEK VAN SUID-AFRIKA"

Heil Die Leser

Ek neem aan dit was Marianne Breytenbach wat vanoggend se Klankkoerant: Hartland aangebied het - ek wil haar graag gelukwens met 'n uitstekende program, veral die telefoniese onderhoud met Generaal (Em.) Constand Viljoen.

Al het laasgenoemde sy lidmaatskap van die Staatsveiligheidsraad moeilik toegegee, weet ek vir 'n feit dat die Hoof van die SAW, ex officio, lid was daarvan én dat hy in élk geval toegang gehad het of toegang kon EIS tot die méés geheime inligting van die land en die regering.
As ék in 1986 tot die volgende gevolgtrekking kon kom, waarvoor ek ontslaan is, hoeveel te meer nie hý nie:
http://mierleeu.blogspot.be/2013_07_01_archive.html

Marianne se pa kon reg wees dat hy "in murg & been" 'n soldaat was - dit was sy selfgekose beroep - en 'n mens verwág van iemand om die beroep waarvoor hy opleiding gehad het, professioneel uit te voer.
As (vrywillige) sersant het ek nie die voorreg gehad om saam met hom te veg nie, maar op sy vertoning in dié onderhoud, waarin hy knaend weggehol het, is ek ook maar bly...

Groete

Petrus Potgieter

No comments:

Post a Comment