Joerie, joerie, botter en brood,
as ek jou kry, slaat ek jou dood

Monday, July 6, 2015

RADIO PRETORIA

From: noreply@radiopretoria.co.za [mailto:noreply@radiopretoria.co.za]
Sent: 23 June 2015 11:14 AM
To: bestuur@radiopretoria.co.za
Subject: Radio Pretoria webwerf kontakvorm: PetrusPotgieter

Webwerf kontakvorm. Datum 23 Junie 2015, Bladsy: /kontak-ons/
Kontak Ons
Naam
Petrus
Van
Potgieter
E-pos
Insake
KLANKKOERANT: HARTLAND

Ek het so 'n drie weke gelede ook 'n e-pos gestuur, maar nie eers 'n ontvangserkenning ontvang nie - "o tempora o mores"...

Ek het vanoggend 'n deel van Marianne Breytenbach se gesprek met Bennie van Zyl gehoor en dink dit was 'n baie onrealistiese beskouing van wat die toestande in die ou USSR was - iets waarvan ons in die ou SA net mooi NIKS geweet het nie en wat vandag in elk geval nie meer bestaan nie.

Groete

Petrus Potgieter
_______________________________
From: Karen Zeelie <karen@radiopretoria.co.za>
Date: 2015-06-24 9:16 GMT+02:00
Subject: RE: Radio Pretoria webwerf kontakvorm: PetrusPotgieter
To: potgieter.petrus@gmail.com

Beste meneer Potgieter
 Hiermee erken ek ontvangs. Jammer dat ek met u vorige e-pos nie reageer het nie, nie gedink dit was nodig nie, aangesien u ‘n opinie gelug het. Ek het egter wel die e-pos na die betrokke omroeper aangestuur.

Groete en mooi dag verder.

Karen Zeelie
Kliëntediensbeampte/ Programspesialis
Tel:         012 543 0120
Faks:     086 204 5234
cid:image001.jpg@01D05591.D69FCC40
Het jy geweet jy kan ook op DStv-oudiokanaal 887 na Radio Pretoria luister?

__________________________________________________

From: Petrus Potgieter <potgieter.petrus@gmail.com>
Date: 2015-06-24 9:50 GMT+02:00
Subject: Re: Radio Pretoria webwerf kontakvorm: PetrusPotgieter
To: Karen Zeelie <karen@radiopretoria.co.za>
Cc: marianne@radiopretoria.co.za, hb@tlu.co.za

Beste Karen Zeelie

Dankie vir jou ontvangserkenning met belangrike bykomende inligting, te wete die feit dat jy my e-pos na Marianne Breytenbach aangestuur het.

Dis vir my natuurlik 'n teleurstelling dat ek niks van haar, as "betrokke" omroeper, gehoor het nie, veral in die lig daarvan dat ek dink dat sy nie net 'n bekwame omroeper is nie, maar haar taalgebruik kwalitatief vergelykbaar is met dié van Alana Bailey, wat ek gereeld met plesier op Radio Pretoria hoor.

Groete

Petrus Potgieter 
__________________________________

From: Bennie van Zyl <hb@tlu.co.za>
Date: 2015-06-24 11:40 GMT+02:00
Subject: RE: Radio Pretoria webwerf kontakvorm: PetrusPotgieter
To: Petrus Potgieter <potgieter.petrus@gmail.com>, Karen Zeelie <karen@radiopretoria.co.za>
Cc: marianne@radiopretoria.co.za


Goeie more mnr Potgieter

Baie dankie vir u opmerkings oor ons almal se kennis van wat in die USSR tyd plaasgevind het.

Graag wil ek bevestig dat ek my geensins uitgee as ‘n kenner oor wat daar (Sowjet-unie) gebeur het nie.  Die opmerkings wat ek gemaak het spruit voort uit die ongeveer 12 maande wat ek die afgelope 5 jaar afgebroke in Georgië deurgebring het  as deel van ‘n program waar hulle regering vir ons (TLU SA) versoek het om hul te help om uit die gevolge van die sosialistiese/kommunistiese bestel waarin hulle ongeveer 70 jaar vasgevang was te kan kom.  Die effek daarvan was in die praktyk baie intens ervaar en ook daagliks bespreek.  Buiten dit kan ek ook noem dat ek in my jonger dae vir 6 jaar ‘n navorser was by die Nasionale Intelligensiediens waar daar spesifiek navorsing gedoen is op hierdie ideologie wat hier van toepassing is.

My opmerkings met die gevolge in die voormalige Sowjet-unie  as vergelyking lê meer op die weg van wat tans in Suid-Afrika geleidelik gebeur.  Daar is alreeds meer as 16 verskillende wetgewing, konsep wette of beleidsrigtings (wat ek vinnig aan kan dink) wat die beginsel van privaat besitreg en die vrye mark negatief aantas.  Die uitgangspunt om te kan sentraal reguleer is waarheen daar geneig word op die oomblik met die beleidsomgewing wat geskep word deur die ANC.  Ons keuse is of ons daarmee verlief neem met die noodwendige gevolge wat ons oor kan verskil, maar wat my bietjie ervaring en blootstelling vir my uitwys dat dit nie iets goeds inhou vir die land en sy mense se toekoms nie.

Vriendelike groete / Kind regards

Bennie van Zyl

Hoofbestuurder TLU SA / General Manager TAU SA
Tel:                  (012) 804-8031
Faks/Fax:       (012) 804-2014
E-pos/Email:   hb@tlu.co.za
Web:               www.tlu.co.za
Skype:            bennievz1
Sel / Cell:        082 466 4470
Posbus / PO Box 912-51, SILVERTON, 0127
Onderhewig aan vrywaring / Subject to disclaimer

TLU SA bord vir epos 3
 _______________________________________

From: Marianne Breytenbach <marianne@radiopretoria.co.za>
Date: 2015-06-24 12:19 GMT+02:00
Subject: RE: Radio Pretoria webwerf kontakvorm: PetrusPotgieter
To: Petrus Potgieter <potgieter.petrus@gmail.com>
Cc: Karen Zeelie <karen@radiopretoria.co.za>, hennie@radiopretoria.co.za

Geagte mnr Potgieter

Ek cc Karen Zeelie op hierdie epos. Ek het pas ook met haar gesels.

Ek het geen epos 3 weke gelede van u ontvang nie. My epos-rekords toon dit ook aan.  Ek het gistermiddag eers ‘n epos van u ontvang.

Ek reageer nou daarop aangesien ek gistermiddag besig was met opnames in die opname-ateljee. Daar het ek nie toegang tot epos nie. Ek het dus vanoggend u epos gelees. Ek was egter van voor 08:00 af besig met opnames, 8:00 – 09:00 betrokke by die program KLANKKOERANT REGSPRAAK, daarna in ‘n vergadering waaruit ek nou net gestap het.

U is ontevrede omdat u nie terugvoer van my ontvang het nie. Hopelik kalmeer bogenoemde antwoord u ontstelde gemoed.

Wat u opmerking rakende KLANKKOERANT HARTLAND betref – die enigste program waartydens ek onderhoude met Bennie van Zyl voer:
·         Ek het nie drie weke gelede met Bennie van Zyl in die program gesels nie. Ek het drie weke gelede met Flip Buys oor Tirool gesels.
·         Ek het gister met Bennie van Zyl gesels. Voor gister het ek 10 weke gelede (op 14 April 2015) met Bennie van Zyl gesels. Daardie gesprek het gehandel oor “Vashou aan ons eie waardes”.
·         In die gesprek gister het Bennie wel vlugtig verwys na toestande in die voormalige USSR. Hy het die wêrelddeel die afgelope 5 jaar bykans 10 keer besoek en is op hoë vlak bekend met huidige amptenare daar asook amptenare uit die voormalige kommunistiese/sosialistiese bestel. Bennie is dus baie goed ingelig rondom huidige sowel as voormalige toestande daar. Verskeie ander persone praat ook met gesag oor die omstandighede tydens die bewind in die USSR. Dit is nie so dat ons hier in Suid-Afrika niks daarvan weet nie. Ekself het my oor ‘n lang tyd deeglik met kennis oor die onderwerp bewapen  om my in staat te stel om gesaghebbende onderhoude oor die onderwerp met kundiges te kan voer.

Ek neem kennis van die opmerking wat u maak, maar ek hou dit liefs by blote kennisname.

Vriendelike groete


Marianne Breytenbach
Programspesialis

T: 012 543 0120
S : 082 578 2583
F : 086 6670 1259

cid:image001.png@01D077A4.97F74150

Het jy geweet jy kan ook op DStv-oudiokanaal 887 na Radio Pretoria luister?
____________________________________________________


 From: Petrus Potgieter <potgieter.petrus@gmail.com>
Date: 2015-06-25 8:53 GMT+02:00
Subject: Re: Radio Pretoria webwerf kontakvorm: PetrusPotgieter
To: Marianne Breytenbach <marianne@radiopretoria.co.za>, hb@tlu.co.za
Cc: Karen Zeelie <karen@radiopretoria.co.za>


Beste Bennie van Zyl, Marianne Breytenbach

Dankie dat julle gereageer het op my e-pos.
 
Gelukkig het ek my e-pos van 2 Junie 2015 hiér geboekstaaf en haal dit eers hieronder aan in die hoop dat dit julle klaarblyklike argwaan sal laat afneem, voordat ek reageer op julle onderhawige e-pos: 

"Heil Die Leser


Ek neem aan dit was Marianne Breytenbach wat vanoggend se Klankkoerant: Hartland aangebied het - ek wil haar graag gelukwens met 'n uitstekende program, veral die telefoniese onderhoud met Generaal (Em.) Constand Viljoen.

Al het laasgenoemde sy lidmaatskap van die Staatsveiligheidsraad moeilik toegegee, weet ek vir 'n feit dat die Hoof van die SAW, ex officio, lid was daarvan én dat hy in élk geval toegang gehad het of toegang kon EIS tot die méés geheime inligting van die land en die regering.
As ék in 1986 tot die volgende gevolgtrekking kon kom, waarvoor ek ontslaan is, hoeveel te meer nie hý nie:
http://mierleeu.blogspot.be/2013_07_01_archive.html

Marianne se pa kon reg wees dat hy "in murg & been" 'n soldaat was - dit was sy selfgekose beroep - en 'n mens verwág van iemand om die beroep waarvoor hy opleiding gehad het, professioneel uit te voer.
As (vrywillige) sersant het ek nie die voorreg gehad om saam met hom te veg nie, maar op sy vertoning in dié onderhoud, waarin hy knaend weggehol het, is ek ook maar bly...

Groete

Petrus Potgieter"


Ek vertrou dat dit voorlopig só in orde is.

Groete

Petrus Potgieter
______________________________________

From: Marianne Breytenbach <marianne@radiopretoria.co.za>
Date: 2015-06-25 11:52 GMT+02:00
Subject: RE: Radio Pretoria webwerf kontakvorm: PetrusPotgieter
To: Petrus Potgieter <potgieter.petrus@gmail.com>
Cc: hb@tlu.co.za


Beste mnr Potgieter

Baie dankie vir u epos.

Vriendelike groete

Marianne Breytenbach
Programspesialis

T: 012 543 0120
S : 082 578 2583
F : 086 6670 1259

cid:image001.png@01D077A4.97F74150

Het jy geweet jy kan ook op DStv-oudiokanaal 887 na Radio Pretoria luister?
_________________________________________________

From: Petrus Potgieter <potgieter.petrus@gmail.com>
Date: 2015-07-03 11:25 GMT+02:00
Subject: Re: Radio Pretoria webwerf kontakvorm: PetrusPotgieter
To: Marianne Breytenbach <marianne@radiopretoria.co.za>
Cc: hb@tlu.co.za

Beste Marianne Breytenbach, Bennie van Zyl

Ná my en Ingrid (Piron, my Suid-Afrikaansgebore, Vlaamse vrou) se ondervinding by die Ibhayi stadsraad, het laasgenoemde gereeld gesê: "Ons gaan nog een oggend opstaan dan is die ANC aan bewind in die land..."

Met FW de Klerk se aankondigings op 2 Februarie 1990, het my vrou voorgestel dat ons, soos haar ouers en broer, ook uitwyk na Vlaanderen. In die daaropvolgende jaar het ek alles in my vermoë gedoen om nié die grond te verlaat nie, maar die ratte & meganismes het meedoënloos en onafwendbaar in daardie rigting gedraai.
Ons het met ons drie klein seuntjies (onderskeidelik letterlik een, twee en drie jaar oud) Pretoria, met 'n temperatuur van 36°C, op 18 Februarie 1991 verlaat en op 19 Februarie 1991 in Gent, Vlaanderen, aangekom, waar die temperatuur toe -18°C was - 'n temperatuursverandering van meer as 50°C binne 'n etmaal.

Die eertse drie jaar het ons 'n dagbladhandel in Gent bedryf en byna ontelbaar baie mense ontmoet, van wie Maurice Verselder één was en, soos die toeval dit wou hê, ons buurman van 'n "ryhuis" twee deure van ons af.
Maurice, wat al afgetree het, was voorheen 'n beroepsfotograaf en 'n baie beskaafde mens wat van die mooi & goeie dinge in die lewe gehou het - in die wydste sin van die woorde.
Maurice was ook 'n kommunis - 'n klassieke, intellektueel-teoretiese kommunis, wat vroeër reëlmatig op besoek gegaan het agter die Ystergordyn, hetsy in die ou USSR, Oos-Duitsland of ander kommunistiese state.

Saam met 'n bottel-of-wat Châteauneuf-du-Pape  van die oesjaar 1964 en Maurice met 'n Havanasigaar in die hand, het hy ons vertel van wat hy agter die Ystergordyn belewe, gesien en gefotografeer het en vir my en Ingrid was dit 'n openbaring - baie meer as die laaste boek in die bybel.

Later het ek 'n voormalige majoor in die Rooi Leër ontmoet wat vir politieke asiel in België aansoek gedoen het en hy het baie bevestig van wat Maurice ons vertel het, onder andere dat die feit dat die "staat" in die USSR ateïsties was, nie beteken het dat die mense dit ook was nie, want hy was sélf 'n Moslem.
'n Kirgisiër wat ek in dieselfde tyd ontmoet het, was weer 'n "doodgewone" lid van die Russies Ortodokse kerk.

Enkele jare later ontmoet ons oudste seun 'n uitruilstudent aan die Gentse Universiteit wat van Riga af kom en hy volg haar toe Letland toe waar hulle ongeveer 'n jaar gelede getroud is. In die afgelope paar jaar was ek en Ingrid al 'n hele paar keer in Letland en kon ons die kommunistiese nalatenskap met ons eie oë sien en ook praat met ons seun se skoonouers (ons swaer & skoonsuster) wat beide mediese dokters is: skoonma het 'n huisdokterspraktyk en is tevrede met die ideologiese omwenteling wat plaasgevind het, maar skoonpa, wat 'n spoedarts was, sukkel om die veranderinge te aanvaar - miskien omdat hy nie 'n Let is nie, maar 'n Rus in Letland...

Julle oënskynlike beskouing van die USSR & die kommunisme herinner my helder en duidelik aan die dae in die begin-sewentigs toe ek staatsleer "aan die voete van" prof dr Jac Cilliers by UPE gedoen het en hy dit met 'n baie "uitgesproke" ideoligieuse (sametrekking van "ideologiese" en "religieuse") bril bekyk het - dit is analoog aan hoe die Europeër na Afrika kyk: hulle dink dat weinig materiële besittings dui op armoede, maar dis onwaar.

Lees gerus die boek MAMMON SE AFGRONDE van Roelf Britz as julle hom in die hande kan kry.

Groete

Petrus Potgieter
_______________________________________

From: Marianne Breytenbach <marianne@radiopretoria.co.za>
Date: 2015-07-06 13:00 GMT+02:00
Subject: RE: Radio Pretoria webwerf kontakvorm: PetrusPotgieter
To: Petrus Potgieter <potgieter.petrus@gmail.com>
Cc: hb@tlu.co.za


Beste mnr Potgieter

Dankie vir u skrywe. Ek het dit ontvang en gelees.

Vriendelike groete

Marianne Breytenbach
Programspesialis

T: 012 543 0120
S : 082 578 2583
F : 086 6670 1259

cid:image001.png@01D077A4.97F74150

Het jy geweet jy kan ook op DStv-oudiokanaal 887 na Radio Pretoria luister?
_______________________________________________

From: Petrus Potgieter <potgieter.petrus@gmail.com>
Date: 2015-07-06 16:31 GMT+02:00
Subject: Re: Radio Pretoria webwerf kontakvorm: PetrusPotgieter
To: Marianne Breytenbach <marianne@radiopretoria.co.za>
Cc: hb@tlu.co.za


No comments:

Post a Comment