Joerie, joerie, botter en brood,
as ek jou kry, slaat ek jou dood

Thursday, December 3, 2015

VAN RIGA TOT RUACANA 2



Oogskade

Ek het lank terug in die son gekyk:
té lank, té diep, so het dit geblyk;
vandaar dié skade aan elke oog.
Dit is verby, maar sedertdien
is albei oë selde droog
want eenmaal-kyk is klaar gesien.

Dié skade het ek oorgehou.
Nou sien ek helder, swart en blou,
hier deur my venster waar ek sit en wag:
' swaeltjie draal - en rigting vind;
en teen die maan, ná middernag:
'n aasvoël hang - vér bo die wind.

Ons vorige besoeke aan die oorspronklike heimat (in 1992 was daar nog elf inskrywings vir Potgeter in die papierweergawe van die telefoongids van Nordhorn en tans nog tien in die internet-weergawe) of hartland het in die onvervalste en suiwerste teken van bloed, bodem, eer en trou gestaan - ons het nooit so vér Noord-Oos as die hoofstad gereis nie en ons bepaal by besoeke aan, byvoorbeeld, die Hermannsdenkmal, wat indrukwekkend was, maar nie regtig vergelykbaar met die Voortrekkermonument nie en ek sê dit nie nét omdat Andries Hendrik Potgieter een van die vier hoeksteenbeelde is nie:

...maar dit kom eers later in die reis ter sprake, heelwat later...

Dan was daar nog die Exsternsteine, wat vir my 'n bietjie van 'n getemde weergawe is van ons Vallei van Verlatenheid en ook nog die Porta Westfalica.
Later het Wewelsburg, Walhalla en die Befreiungshalle gevolg -

...híér kon ek duidelik ervaar dat ek in die voetspore van Gerard Moerdijk volg en nié net omdat ons ons laaste paar jaar in Suid-Afrika in 'n Moerdijkwoning in Burgerlaan, Verwoerdburg deurgebring het nie...

Ons het ook die ruïnes van die Triumph des 

Willens besoek, maar dis 'n les vir later.

Ons reis na die Duits/Poolse grens het moeisaam verloop en 

die vordering ná die Scylla & Charybdis van Berlyn en 

Potsdam was voorwaar 'n moeilike geboorte... 




No comments:

Post a Comment